'n Kiekie 'n Dag

By Sanri

Windpomp

"Windpomp wat vêr oor Karroo-vlak staar
jy suig aan lewensbloed uit aardse aar.
Ten tye van droogte of storms wat woed
jou doel om plant, dier & mens te voed.

As die Noordwes loskop waai,
moes hul al jou briek aandraai.
Die kreun van jou stert as hy toe vou
jy kan jou kop verloor maak tog gou.

Op warm winstil dag staan jy lui en wag,
Boer kyk noord hou klam vinger in die lug
fluit ‘n sagte deuntjie & laat hoor ‘n sug.
Die dam is droog, die diere dors
dan wapper sy hoed, jy begin te kraak
water borrel deur jou pyp.
Sy mond plooi…glimlag." - Jo Smith

Leftover lamb stew for tea.

Comments
Sign in or get an account to comment.